082 463 2945 info@dreamstream.co.za

Selected:

Wynand van Vollenstee - 'n Gewigtige Saak

R100.00

Wynand van Vollenstee – ‘n Gewigtige Saak

R100.00

Category:

Description

‘N GEWIGTIGE SAAK- ‘n Slimsnaakse Solo stuk met Wynand Van Vollenstee. Gehore ken die veelsydige akteur en sanger Wynand Van Vollenstee as Karate Kallie, sowel van sy briljante spel in produksies soos Ons Vir Jou, Getroud met Rugby, Platteland, Die Munisipaliteit Van Ghwarra-Ghawarra, My Vrou Se Man Se Vrou, en onlangs in die TV sitkoms Ouboet en Wors en Huis Lelieveld  deur Willie Esterhuizen, waar hy die koddige karakter Gielie vertolk.

Nou is hy op die planke te sien in sy solostuk: ‘N GEWIGTIGE SAAK. Die produksie, ook geskryf deur Wynand, met regie deur Lizz Meiring, bied ‘n unieke, warmhartige en komiese blik op die majestieuse uitdagings van vet mense.

In ‘n wêreld wat te klein is vir ekstra groot mense, wag daar ‘n mynveld van komplikasies om elke noue hoek en draai. Terwyl vrouens dikwels hul vetsugtige lot bekla, word daar min uit ‘n mollige man se besige mond gehoor hoe swaar hul dra aan die ekstra bagasie – met komiese gevolge.

‘N GEWIGTIGE SAAK is uitstekend, oorspronklik en verrassende vermaak vir die goed gestoffeerdes van beide geslagte, sowel as vir diegene wat nog nooit ‘n kilojoule moes tel nie. Die solostuk handel uiteindelik oor ons basiese menswees en ons skreeusnaakse stryd met onsself en die samelewing.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wynand van Vollenstee – ‘n Gewigtige Saak”
Close Menu
×
×

Cart